Heilig vou ek my hande saam
met `n oopgesiggie speel ek saam
en die wêreld stem dit goed

Stadig nestel die gemeenskap om my
Onthou om die goeie te behou en
die slegte te vermy
Elke aand borsel jou hare honderd maal

Ons gaan opera toe en neem medies uit.
Ons lewe is `n bloudruk klaar uit-
gewerk vir gemak.
Ons gryp na godsdiens as ‘n grashalm.

Stop! net kruietee vir jou
en vanaand hou ons huisgodsdiens
en soen elkeen nag totsiens.

Klein dogterjies neem ballet.
Voortrekkers die voorland vir seuntjies
Ons almal is so altesaam so gelukkig
en dit borrel in my.

Maar uit `n put rank my gal
bitter kom lê dit in my koud
Verder sak my eie horisonne weg

Maar erens soek die donder oog na
`n uitkomkans.
Hoeveel gaan hy nie vernietig langs
die pad.

Maar soos `n tier in `n hok
het die booie om my polse geslaan.
Die bloed het uit my longe gesypel.
Die whisky het deur my are geklop.

Moet ek in die nag wegslyp
of moet die nag my kom haal.
My gorrel smag na my eie lug.

04/95