Ek sit vandag in my beklemde omgewing
waar die wit mure se ego’s afsydig gil,
maar erens in m kronkelende breinpaaie
loop jy stil.
Jy vul my dag se leë holtes
Jy dek met fluweel my lyf waar die
koue inkom.

Ek wandel vandag oor al my oorbekende paaie
waar die trein van roetine oor my loop
en frustrasies my stukkend knoop.
Dink ek waar ek in die krom van jou
lyf lê.

Ek voel die sug van die horlosie teen die muur
die afgemate tik sny repe dur die dooie dag
Deur al hierdie stukke verveeldheid is
my brein na jou op jag.
Jy vul my dag se leë holtes
Jy dek met fluweel my lyf waar die
koue inkom.

07/96