wurm-1
Komposwurm het sy vet voetjies in my vasgeslaan
Stilstype en stormstreke het hy my omgekrap
en laat vergaan
Die stryd is swart;en wit is gedefinieer.

Met donker gangetjies loop hy deur my doolhof siel
Net om te vind dat in die kern `n donker man kniel
Moet ek padgee of terugkeer
na `n gat of `n stukkie genestelde wol.

Soms ondersoek hy my brein met sy tentakels
Net om af te kom op al die opofferende tabernakels
Wie sal wen van die twee...
dan iemand vir my sê?

 Sy vet lyfie kom lê in my oogbol
dat ek bewend en tassend om my kan gryp
Maar wie is daar om te help en te red
Die wurm kan net sterf deur prewelende
swetende gebed.

Stadig word alles klaar
en stil-stil uit my maag loop die kluisenaar.

(~ 1995, Pretoria, RSA)