Ek sal jou ewig dankbaar bly.
Jy het met lompe hande gelei,
Met rigtingloosheid die pad aangedui.

Met stugheid laat lag
jou onooglikheid die wêreld om se prag,
jou velle en harde hande my eie sag.

Met enigheid my eie waarheid.
Bekrompe het jy my geleer wat’s trotsheid.
Jou min selfvertroue ons afskeid.

Tog ten spyte van al jou foute en
onbekwaamhede.
Het ek omgegee en jy my geleer van vrede.
Jou bangse geloof het my werklik
gelei na `n betere lewe.

02.95