Kyk mooi na my
nee, nie deur jou eie oë nie
maar soos ek werklik is
en besef dan ek is vry.

Kyk op na my
ja, nie neer nie
maar soos ek werklik is
en besef ek sal altyd myself bly.

Kyk tweekeer na my
ja, eerste indruk was nie waar
maar kyk hoe ek werklik is
en besef niemand sal my kry.

Kyk laaste maal na my
na die ware ek en geen illusie
maar soos wat ek werklik is
en besef kry you ry!

4/95