Hobbelperd het ons gery
oor warrelende wolke
deur die snerpende wind,
vas teen die berg se punt
af teen die stroom se kolk.

Maanhare wat wapper
waardeur my vingers wring,
verby die flitsende beelde
terwyl ons wegsak in die reis se weelde
oor reënboe en oseane sal ons saam spring.

Maar toe ek omdraai
was jy nie meer daar
alles sou ek en Hobbel kon verdra
Waarom my reis probeer vertrae,
kan jy nie sien ons is nie bedoel vir mekaar.

Alleen het ek nou gesweet
weg was jy, leed, en soos `n kind het ek vergeet,
nou weet ek waarom jy nie pas.
Vir arme Hobbel en my was jy net `n las.
die reis sal ons selwers voltooi.

02.95