Dit was `n leë ruimte
Die gekners van tande
het van die wit mure weerkaats
Van êrens was daar `n trek
deur hierdie holende plek
Koud het sy asem om my gevou.

Die tyd was moeilik om te bepaal
Nag en dag het een geword
Kos en afskeidsel nie onderskeidbaar.
Van êrens was daar `n trek
deur hierdie holende plek.
Splinter het my beendere verbrokkel.

Dit was `n leë ruimte
Die blink van die beperkte wit
klousule van mure het my verblind
Van êrens was daar `n trek
deur hierdie holende plek.
Asem en splinters word saam stof.

12/95