As jy maar net weet wat jy
aan my doen . . .
hoe gevaarlik jy vir my is
die muur wat ek gebou het
verbrokkel
die skans waar agter ek skuil
val weg
Ek is in `n wêreld van groen.

As jy maar net weet die seer
wat jy kan doen…
die vrees wat ek het vir jou
as die einde in sig is
doen dit sag.
Wanneer ons daie getel is
laat my subtiel weet.
Ek is in `n wêreld van groen.

05/96