Die Jakobregop het krom gebuig
terwyl die termiete aan sy stam suig.

Trots loop die skilpad met sy dop
net om môre te dryf as sop.

Mona-Lisa hang teen die muur en tuur
almal glo sy lag, eintlik is sy net suur.

Miskien is on naief
dalk nog onkundig
maar meer bang
vir ons trots wat hol is

Vandag kry ons honde met drie bene en `n wiel
en mense wat glo hulle is god sonder `n siel

07.95