Verandering het ek vir die
eerstekeer gevind as kind

Ommekeer vir die volgende
maal as `n groeiende generaal

Dubbeldoor is weer die seer
gebring in my vriendekring

Tweegesig tussen geliefdes
en die naaste aan my

Maar steeds is daar vreugde om te weet
Dat ek tog almal kan leer ken
en vergeet
Dat as alles weer begin
ek my soos nou sal besin.

Slepende voete word `n huppel
Anders maak jy jouself
net kruppel
Ek is nader aan Ek gebring
Die enigste permanensie is tog

verandering.

12/94