Kokerpot en warmpyp
ek is stukkend gekrap maar ook bygelas
Iewers langs die pad hang my siel aan `n lyn
Terwyl my vingers deur die donker tas.

Bottelnek en bierbek
Orals langs die rooi lyne loop my donker kringe
soos `n spriet wat wapper in `n meer
Net ekke en herinneringe

Geknarsde en gesplinterde
waar sit die warm kloppende spuit van my hart
Hoekom die voltering maar ook die asemteug
my longe snak opnuut verward

Soutwater en son
Ek lê en wag vir my kans
want ek gaan jou buig en knars
Soos `n weeskind lê die see alleen en steun
want ek en jy is uitoorlê
van nou-af is ons beide siel alleen.

01/95